Local is Lekkerrrrrrrr

Friday, July 10, 2009

Activities in Karoo Wilgewandel



http://www.wilgewandel.co.za/afrikaans/aktiwiteite.htm
  • By Wilgewandel Vakansieplaas is daar ‘n verskeidenheid pret aktiwiteite vir jonk en oud teen bekostigbare pryse.
  • Ons maak voorsiening vir kinderpartytjies, spesiale funksies en skoolgroepe. Ons het ook spesiale pakkette vir skoolgroepe van meer as 20 persone.
  • Kameel ritte: Ons het sewe vriendelike drommedaris kamele. Hulle name is: Abraham, Joshua, Moses, Vossie, Josef, Tabo, Nelson.
  • 18 Gaatjies Ghwarra-Ghwarra Golf: Mini golf vir oud en jonk. (putt-putt).
  • Donkiekarrite: Hier kan die gaste ‘n rit op die donkie kar neem.
  • ‘Foefie slide’: 100 meter lank en 6 meter hoog oor die plaas dam.
  • Plaas atmosfeer: Vind stilte en rus aan die voet van die Swartberge.
  • Plaas diere om te voer: Hier kan die gaste diere voer, soos bevoorbeeld: Ganse, volstruise, boer bokke, varke, hasies, poue, alpaca’s, skape en donkies.
  • Stamp bootjies: Bootjies op ‘n plaasdam, veilig vir oud en jonk.
  • Wipmatte: Hier kan die kinders lekker spring en van hulle oortollige energie ontslae raak.
  • ‘Quadbuggies’: ‘n Spesiale baan, wat baie veilig gekontroleer word.
  • Pret Hindernisbaan: ‘n baan met baie hindernisse, toue en mure om oor te klim, moddertonnels en ander hindernisse wat baie veilig is.

No comments:

Post a Comment

Scroll through Travel Treasures

I like it

Related Posts with Thumbnails