

http://www.wilgewandel.co.za/afrikaans/aktiwiteite.htm
- By Wilgewandel Vakansieplaas is daar ‘n verskeidenheid pret aktiwiteite vir jonk en oud teen bekostigbare pryse.
- Ons maak voorsiening vir kinderpartytjies, spesiale funksies en skoolgroepe. Ons het ook spesiale pakkette vir skoolgroepe van meer as 20 persone.
- Kameel ritte: Ons het sewe vriendelike drommedaris kamele. Hulle name is: Abraham, Joshua, Moses, Vossie, Josef, Tabo, Nelson.
- 18 Gaatjies Ghwarra-Ghwarra Golf: Mini golf vir oud en jonk. (putt-putt).
- Donkiekarrite: Hier kan die gaste ‘n rit op die donkie kar neem.
- ‘Foefie slide’: 100 meter lank en 6 meter hoog oor die plaas dam.
- Plaas atmosfeer: Vind stilte en rus aan die voet van die Swartberge.
- Plaas diere om te voer: Hier kan die gaste diere voer, soos bevoorbeeld: Ganse, volstruise, boer bokke, varke, hasies, poue, alpaca’s, skape en donkies.
- Stamp bootjies: Bootjies op ‘n plaasdam, veilig vir oud en jonk.
- Wipmatte: Hier kan die kinders lekker spring en van hulle oortollige energie ontslae raak.
- ‘Quadbuggies’: ‘n Spesiale baan, wat baie veilig gekontroleer word.
- Pret Hindernisbaan: ‘n baan met baie hindernisse, toue en mure om oor te klim, moddertonnels en ander hindernisse wat baie veilig is.
No comments:
Post a Comment